Error message

  • Deprecated function: implode(): Passing glue string after array is deprecated. Swap the parameters in drupal_get_feeds() (line 394 of /usr/www/users/heevefbwyv/includes/common.inc).
  • Deprecated function: The each() function is deprecated. This message will be suppressed on further calls in menu_set_active_trail() (line 2394 of /usr/www/users/heevefbwyv/includes/menu.inc).

Inligting

HEEVER SAFARI’s DIP BAKKE

Gedurende ‘n jagtog het Johan op ‘n dipbak in die veld afgekom en dit vir ‘n tyd gebestudeer.
Na ‘n gesperk met die boer is het hy besef dat hy ‘n beter produk kan vervaardig en is ‘n bak met die volgende eienskappe vervaardig:

  • Om roes te voorkom is aluminium gebruik, dit maak ook die bakke lig wat dit maklik hanteerbaar maak.
  • Die bakke is in drie grootes beskikbaar en hoogte verstelbaar om vir alle spesies effektief te wees.
  • Rollers is met “ball bearings” voorsien om seker te maak rollers rol glad en maklilk.
  • Dip bakkies is gamaak om dip te bespaar, dit gebruik tot 85% minder dip as ander fabriekate. (+/-300ml per bakkie)
  • Spasie is verklein tussen die roller en dip bakkie om te keer dat voer dit verstop.
  • Deksels is gemaak vir elke dip bakkie om dit toe te maak vir reën en tye wanneer nie gedip word nie.
  • Die normale bak is ook beskikbaar as ‘n waterbak.

 

HOE WERK DIE DIP BAK?

‘n Maklike manier om ‘n dier te manipuleer is deur kos en water en die dip bakke wend die dip aan terwyl die diere rustig eet of drink. Dip bakkies met rollers is aan al die kante van die dip bakke aangebring en dit word met die dip middel gevul.

Wanneer die diere vreet beweeg hulle teen die rollers en die dip word aangewend. Verskillende groottes en dieptes dip-bakke is beskikbaar en wannner genoeg bakke reg geplaas word, kry al die diere van die dip op hulle sonder dat dominante diere oor-dip word.